I am free
Ek is vry
Libera sum
Holistiese gesondheid
Holistiese gesondheid is die afgelope paar jaar dié onderwerp onder die algemene publiek en almal wil graag meer daarvan weet. Dit is ongelukkig een van daardie onderwerpe wat gou vaag kan word, en hom ook tot baie wanbegrippe kan leen. Dit is juis as gevolg hiervan dat holistiese gesondheid met al sy vertakkinge vir Christene 'n mynveld geword het.
​
Algemene vrae wat ontstaan is:
- Wat mag ek as Christen beoefen en gebruik en wat nie?
- Is daar 'n vorm van geestelike praktyk betrokke by bv. yoga, reiki en homeopatie?
- Is alle gelowe werklik dieselfde?
​
Algemeenste begrippe
Die algemeenste begrippe in die ‘holistiese’ denkraamwerk is waarskynlik:
- spiritualiteit
- holistiese gesondheid
- natuurlike produkte
​
Dit is 'n bietjie vaag, en die meeste mense bedoel hiermee waarskynlik:
- minder Godsdienstig (soos om kerk toe te gaan) en meer spiritueel ('n meer algemene geloof met groter aanvaarding vir alle gelowe).
- moenie die liggaam, siel en gees se gesondheid van mekaar skei nie, en fokus op die hele mens wanneer hy siek is.
- minder farmakologiese medisyne (gewone apteekmedisyne) en meer natuurlike middels.
​
Is die idee van holistiese gesondheid nuut of oud?
​
​